In geloof volg ons die onsigbare voetstappe van Jesus wat ons om die wereld lei.
  Ons luister fyn na Sy roepstem wat vir ons telkens Sy hart wys vir die jonk en oud, ryk en arm, gereddes en verlorenes van elke nasie.
 

Ons as ‘n span gee onsself aan God om mediums te wees waardeur Hy Sy liefde en redding kan bring, en Sy wil kan laat geskied.

Ons 4 Suid-Afrikaners wat die geel spannetjie vorm, wil graag hierdie jaar, hierdie World Race voluit klaar maak.
  Jy weet miskien van elke Race uitdaging!
  Op die oomblik “dra ons die geel trui”, maar het nog bietjie fondse nodig om klaar te maak.
  Ons kan eerlik getuig dat ons hierdie jaar baie getrou en verantwoordelik met ons finansies was.
  Ons het gesing op straathoeke, wilde vye van bome gepluk, op R3 per ete gefokus, nagte onder die oop hemel en snaakse plekke geslaap, ens.
  

Dis vir ons ‘n eer om Jesus se hande en voete te wees en daardeur ook om te kan sien hoe Hy lewens radikaal verander.
   Vir 7 maande lank het Hy voorsien en vir ons gesorg.
   Ons vertrou dat Hy dit steeds sal doen in die laaste paar maande wat oorbly.
  Ons huidige finansies bring ons slegs tot in Nairobi, waarna daar nog beplande utreiktyd is in Kenia Lesotho en Suid Arika.
  Ons het geloof dat God vir ons, Sy kinders, sal voorsien dat Sy lig ook in Afrika sal kan skyn en Hy ons ook in hierdie lande sal gebruik tot Sy eer.

As Hy dit op jou hart plaas om ‘n medium te wees van Sy voorsiening, vra ons of jy nie sal kan help om finansieel by te dra nie.

Stap saam met ons in geloof, soek na Sy roepstem en volg waar Sy onsigbare voetstappe jou lei, of dit nou is om te gee, te bid of om Hom op ander maniere te gehoorsaam.

Ons het
R18 000
nodig