Liewe Vriende;
Sjoe, ons het ‘n opwindende paar dae agter die rug en kan regtig se dat die Here mooi na ons gekyk het. Ons vlug is vertraag in Johannesburg met omtrent 8 ure (SAL het bietjie drooggemaak) en ons is SO geseen toe ons uiteindelik in Sao Paolo aanland. Het die eerste aand in ‘n PRAGTIGE hotel geslaap met ‘n koningklike “brekfis” – SAL het betaal omdat ons vlug vertraag was.
Die volgende dag het ons 2 KLEIN karretjies gehuur(ons span saam met Annemarie Franken en die ander SA-span) – soos SARDIENTJIES gesit! – en kus-af gery tot by Rio Dejaneo! Ons het twee aande langs die pad oorgeslaap en deur die reenwounde – dit REEN konstant in daardie woude!!! – gery! By Rio het ons op die Copa Cabana Beach (bekendste strand ooit) gaan swem – die see was ROF en ons het VREESLIK terug verlang na King”s Beach! Daarna het ons na die Jesus-beeld bo’-op die berg gegaan! Ons het met die treinspoor langs geloop, want ons kon nie bekostig om kaartjies te koop nie! Ons het behoorlik ons eie “”Calvary-road”” gehad tot by die voete van die Jesus-beeld. Was regtig PRAGTIG daar bo! Het ”n gesin AFRIKAANSE Suid-Afrikaners daar raakgeloop – was heerlik om hul te sien!
Ons het op die ou end besluit om deurnag te ry en langs die pad ”n slapie te vang, want die kampplekke in Rio is HOPELOOS te duur vir ons sendeling-begrotings! Het vandag so 12-uur se kant hier in Sau Palao arriveer en behoorlik die lughawe op horings geneem om skoon te kom, ons tente droog te kry en al ons bagasie uit te sorteer! Sal probeer om nog vir julle ”n foto daarvan te e-mail, dit was groot pret! Ons is nou lekker moeg, maar kan nie regtig slaap nie, want ons vlug is vannaand so 23:20 en dan moet ons maar op die vliegtuig slaap.
Die afgelope paar dae was werklik ”n seen uit God se hand en ons het die pragtigste plekke denkbaar gesien! Elke aand het die Here ons geseen met veilige slaapplek en wonderlike gasvrye mense wat ons gehelp het. Rio en Sau Paolo is van die gevaarlikste stede in die wereld, maar ons het nooit onveilig gevoel nie en die mense het ons met groot gasvryheid ontvang.
Na ons vlug vannaand (hopelik is daar nie weer vertragings nie) moet ons ”n Greyhound bus vat tot op die grens van Mexiko en daar kry ons een van AIM se kombi”s om te “”race”” tot in Guatemala waar ons vir die volgende 3 weke sal bedien saam met die ander spanne. Jullekan ons volg by http://www.theworldrace.org/ – daar sal van nou af meer gereeld “”updates”” oor ons span daar wees. Onthou, ons is die “”lime team”” – jul kan net “”click”” op “”lime team”” en danbehoort jul te kan lees oor ons. Die ander Suid-Afrikaanse span isdie “”yellow team””.
Bid asb. virveiligheid met ons “”travel”” die volgende paar dae en dat ons betyds by al ons bestemmings sal kom. Bid ook asb. vir ons gesondheid en dat ons werklik as ”n eenheid saam sal bedien.
Weereens baie dankie vir jul gebede!
Groete en seenwense,
Jacques, Lana,Stefan en Anita
