Ouma van Regopkloof


 

Die moreson breuk deur die koue nag en vergroen die berg, Regopkloof se berg.

Die oggenddou blink in die moreson en die doudruppel los sy greep. 
 n Traandruppel rol teen my wang, ek mis haar al klaar.


Ouma se voetstappe le versier op die berg, sy ken al die geheimenisse van die veld.
 

Die berg was haar deur na God se hart.
  Soos Moses het sy opgestap en God se aangesig gesoek.

Berge toe ouma dit is die hoogste plek.

Die tuin met die mooiste blomme, n tuin wat met min water floreer het.
  Ouma het geblom, die mooiste vrou met die mooiste grys hare.
  In haar grysheid het haar wysheid gele.

Die liefde het uit haar hart gestroom soos die on-ondekste fonteine op Regopkloof.
  Sy het n onuitputbare bron van liefde gehad kleinkinders het sy altyd hoog geag.

Haar groentetuin was haar natuurlike spens.
  Sy het ons altyd gestuur om wortels te trek vir die slaai.
  Ons betaling was n handvol mangalalas met die mooiste glimlag.

Ons draai-roomys ouma.
  Nooit kon ons verby n winkel ry wat roomys verkoop nie.

Dit was haar grootste treat. 
 

Ons kuier ouma n koppie koffie met n broodjie was die beste kuiers.
  Soos koffie sonder brood, so is n kuier sonder ouma.

Haar stem oor die telefoon was soos n lied in my ore sy het gehou van gesels.

Sy was Jan Marais se vrou, my oupa.
Dit was altyd die lekkerste naweke n kuier op Regopkloof.
  Oupa het haar baie verlang en nou is hulle weer bymekaar.

Ons gaan haar baie mis ouma is nou by Jesus die beste plek ooit.
 

Ouma het n merk gelos n defenitiewe merk.
  Ons het die coolste ouma gehad en dit was n voorreg om haar te ken.
  Ouma ek het jou baie lief.

Die wereld het klein geraak maar tog voel ek so ver van die huis af.
  Ek is in n vreemde land, maar huis is in my hart en dit is waar ons kuier.

Groete uit Gautemala.