Hallo! Yesterday we went to Guatemala City to get Mexican Visas. At 5:00 we were up and ready to go! On the way there the sun rose over the mountains and volcanos, blending together all the little lights on the hills, of the people´s houses. There was a blanket of mist between the lake and the top of the mountains, which was breathtaking. Even though we didn´t do missionary work today, God blessed us with the riches of His glory through His creation. God inspired me to write yet another poem…
Hemelskinders
Gespikkelde sprokie
Die liggies van die nag
Swart is die skilderdoek
´wyl die son op die Skilder wag
Soos skapies in ´n skimberg,
liggies wagtend op Sy Woord
met oë vredeloos en soekend stil
na die weiveld van Sy oord.
… Swart word blou
so saam met moredou
dan donsies dansend kuikengeel
met ´n hoenderhaan wat die stilte steel.
Die donsies word vere
van vlamme vuur gekleur.
´n Mistieke geheim wat God my wys
soos Hy die mis vir my laat wals oor Sy meer.
Here, seën elke skapie,
was sy wol wit-wit skoon.
Laat skitter elke liggie,
laat U son in harte woon.
Laat die reënboog van U horison
hulle vreugde wees van gees
na die waters van verwoesting
hulle nou U hemelskinders sal wees.
I pray that God would show each one of you His glory through creation today, so that you may know the abundance of love He has for every person He created.
